Psalms 73:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, die wat ver van jou af is, sal omkom; jy het almal verdelg wat van jou af hoereer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat ver van U is, sal omkom; dié wat ontrou is aan U, vernietig U.
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.
Afrikaans 1983 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want kyk, dié wat ver van U af is, gaan ten gronde; U vernietig dié wat aan U ontrou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit weet ek, elkeen wat ver van U is, sal sterf, U laat elkeen verdwyn wat ontrou is aan U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk net: almal wat U verwerp, gaan dood; U skryf hulle af.