Psalms 73:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My vlees en my hart beswyk, maar God is die sterkte van my hart en my deel tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.
Afrikaans 1933/1953 Al beswyk my vlees en my hart -- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
Afrikaans 1983 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My liggaam en my hart kan maar wegkwyn, God is die rots van my hart en my erfdeel vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer my liggaam en my gees swak is, dan is dit U, o God, wat my Rots is, U wat alles is wat ek wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al gee my kragte in en al sit ek op moedverloor se vlakte: U, God, is steeds my krag. U is die Rots by wie ek altyd wegkruip. Ek behoort aan U vir altyd.