Psalms 73:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n droom wanneer 'n mens wakker word; so, o HERE, as U wakker word, sal U hulle beeld verag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n droom wat ophou wanneer ’n mens wakker word, so verdwyn hulle beeld wanneer U ontwaak, o Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld! |
| Afrikaans 1983 | Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word, so verdwyn hulle, Here, as U ingryp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Asof dit 'n droom is waaruit mens wakker word, verag U hulle beeld, my Heer, wanneer U ontwaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan met hulle soos met 'n droom, dit is weg wanneer jy wakker word. Here, U laat hulle verdwyn wanneer U dit besluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle verdwyn so vinnig soos ons drome wanneer ons wakker word. Here, U vee slegte mense in ’n oogwink uit die pad uit. |