Psalms 72:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In sy dae sal die regverdige bloei; en oorvloed van vrede so lank as die maan is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag regverdiges floreer tydens sy bewind en voorspoed in oorvloed ontvang tot die maan nie meer daar is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. |
| Afrikaans 1983 | Mag die reg onder sy regering floreer en mag daar vir altyd groot voorspoed wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In sy tyd sal regverdiges floreer, daar sal vrede in oorvloed wees tot die maan nie meer daar is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen, daar moet vrede wees vir almal so lank soos die koning lewe, so lank soos die maan daar is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag sy mense voorspoedig wees terwyl hy regeer. Mag hy sy mense aanmoedig om te doen wat God van sy mense wil hê totdat die maan nie meer daar sal wees nie. |