Psalms 72:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy heerlike Naam word geseën tot in ewigheid, en laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word; Amen, en Amen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag sy heerlike Naam vir altyd geprys word! Mag die hele wêreld vol wees van sy heerlikheid. Amen, ja, amen! |
| Afrikaans 1933/1953 | En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen. |
| Afrikaans 1983 | Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Amen, ja, amen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy luisterryke Naam moet vir ewig geprys word; mag sy heerlikheid die hele aarde vul. •Amen, amen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons prys die Naam van die Here, die Koning. Die hele aarde moet weet Hy is Koning. Amen, ja amen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Loof Hom vir altyd, want Hy is wonderlik. Mag daar nie ’n plekkie op hierdie wêreld wees waar die mense nie besef hoe groot U is nie. Laat dit so wees, amen! |