Psalms 72:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy Naam sal tot in ewigheid bestaan; sy Naam sal geduur word solank as die son, en mense sal in hom geseën word; al die nasies sal hom geseënd noem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag die koning se naam altyd onthou word en nooit vergeet word so lank as die son daar is nie. Mag al die nasies deur hom geseën word en al die nasies hom geseënd noem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys! |
| Afrikaans 1983 | Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag sy roem vir altyd duur, sy naam voortleef solank die son bestaan. Mense sal wens dat hulle so geseënd is soos hy; al die nasies sal hom gelukkig noem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense moet die koning altyd onthou, hulle moet sy naam onthou so lank soos daar 'n son is. Al die volke moet weet en sê dat dit goed gaan met hulle omdat die koning daar is, en hulle moet bid dat hy gelukkig sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag hulle hom vir altyd onthou. Mag hulle nog baie lank praat oor hoe ’n goeie koning hy was. Mag al die nasies mooi dinge oor hom sê en bly wees omdat hy koning was. |