Psalms 72:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal 'n handvol koring in die aarde wees op die top van die berge; die vrugte daarvan sal bewe soos die Líbanon, en hulle van die stad sal bloei soos die gras van die aarde.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag daar volop graan wees in die land, en die bergtoppe daarvan wuif. Mag dit vrugbaar wees soos die Libanon, en mag die stede groei soos gras op die veld.
Afrikaans 1933/1953 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die L¡banon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!
Afrikaans 1983 Mag daar volop graan in die land wees, mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif, mag die oes so welig wees soos die Libanon, die graan so geil opskiet soos gras in die veld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag die land oortrek wees met graan, die are golwend oor die bergtoppe soos die Libanon. Mense in die stede sal in bloei staan soos die plante van die land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar moet baie koring in die land wees, dit moet oral groei, tot bo-op die berge, dit moet groei soos die plante op die Libanon-berg. Daar moet baie mense in die stede wees, so baie soos die gras in die veld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag hy oorgenoeg kos hê vir al sy mense, ja, selfs te veel. Mag sy oeste baie groot wees.