Psalms 71:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur U is ek opgehou van die moederskoot af; U is die een wat my uit die ingewande van my moeder geneem het; van U sal my lof gedurigdeur wees.
Afrikaans (NLV) 2011 U is my hulp vanaf geboorte; reeds voor geboorte het U vir my gesorg. Dis waarom ek U gedurig prys.
Afrikaans 1933/1953 Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.
Afrikaans 1983 U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op U steun ek van die moederskoot af; uit die ingewande van my moeder het U my losgeknip. U alleen loof ek deurentyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vandat ek gebore is, was ek seker dat U my sal help. U was by my vandat ek uitgekom het uit my ma se liggaam. Ek wil aanhou om U te prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van my geboorte af is U ’n steunpilaar vir my. Van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die wêreld gekom het, het U my beskerm. Daarvoor sal ek U altyd prys.