Psalms 71:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees my vaste woonplek waarheen ek gedurigdeur kan my toevlug; U het bevel gegee om my te red; want U is my rots en my vesting.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees vir my ’n rots en ’n toevlug, ’n plek waarheen ek altyd kan vlug. U het reeds my redding bepaal, want U is my rots en my vesting.
Afrikaans 1933/1953 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.
Afrikaans 1983 Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees vir my 'n rots, 'n skuiling waarheen ek altyd kan gaan, wat U beskik vir my verlossing. Ja, U is my rotsvesting en my bergskuiling.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet vir my wees soos 'n woonplek tussen die rotse waarnatoe ek altyd kan kom wanneer U besluit U wil my red, want net U is my Rots, my veilige plek in die berge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil altyd by U kom wegkruip. U het my nog altyd gehelp. U pas my op. U sorg dat ek veilig is. U red my.