Psalms 71:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My tong sal ook die hele dag oor u geregtigheid praat, want hulle staan beskaamd, want hulle is beskaamd wat my onheil soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Heeldag vertel ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou aandoen, is nou self beskaam en verneder. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk, want dié wat my ondergang soek, staan teleurgestel in hulle verwagting; hulle beland self in die ellende. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook my tong sal die hele dag oor u geregtigheid prewel, omdat daardie mense beskaamd staan, omdat hulle wat my onheil soek, in die skande gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ek ook die hele dag aanhou sê dat U reg gedoen het aan my. Ja, die mense wat dit sleg wil laat gaan met my, het verloor, U het hulle verneder. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, ek sal U elke dag prys, want U het gesorg dat my lewe veilig is. Hulle wat my kwaad wou aandoen, sal self gespot word. Hulle sal self in ellende beland. |