Psalms 71:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My lippe sal baie bly wees as ek tot eer van jou sing; en my siel wat U verlos het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van vreugde sal ek jubel en u lof besing, want U het my gered. |
| Afrikaans 1933/1953 | My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jubel as ek tot u eer sing, omdat U my gered het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My lippe sal jubel wanneer ek U besing, ja, my hele wese, wat U vrygemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vrolik skree wanneer ek vir U sing, ek wat vry is nadat U my vrygemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal opgewonde juig wanneer ek vir U lofliedere sing. Ek sal bly wees, omdat U my gered het. |