Psalms 71:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek wil U ook met die harp loof, u waarheid, o my God; tot eer van U wil ek sing met die siter, o Heilige van Israel! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ek U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God, saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal ook ek U dank met begeleiding van harpsnare, vir u getrouheid, my God; ek wil U besing met begeleiding van 'n lier, o •Heilige van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My God, dan sal ek U ook prys omdat U altyd dieselfde bly. Ek sal op die harp speel, ek sal op die lier speel en vir U sing, vir U, die Heilige God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal ek U met my musiekinstrumente prys. My God, ek sal U loof. U is getrou. Met my musiek wil ek U eer. Niemand is soos U nie. U is die Heilige van Israel. |