Psalms 71:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U wat my groot en smarte benoudhede laat sien het, sal my weer lewend maak en my uit die dieptes van die aarde laat opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diepwaters van die aarde, uit die doderyk, rig U my weer op. |
| Afrikaans 1933/1953 | U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U wat my baie benoudhede en rampe laat ervaar het, U sal my weer lewend maak, my weer uit die watermassas van die wêreld laat opkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is U wat my baie swaar laat kry het, dit het gevoel of ek klaar in die graf is, maar U sal my weer laat lewe, U sal my weer boontoe laat kom uit die diep plekke onder die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het baie krisisse oor my gebring, maar U het my elke keer gered. U het my elke keer uit die kloue van die dood kom haal. |