Psalms 71:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou ook as ek oud en grys is, o God, verlaat my nie; totdat Ek U krag aan hierdie geslag bekend gemaak het en U krag aan elkeen wat kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O God, noudat ek oud en grys is, moenie my verlaat nie, sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak, en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook tot die ouderdom en die grysheid toe -- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag. |
| Afrikaans 1983 | Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs tot in die ouderdom en grysheid, o God, moet U my nie verlaat nie, totdat ek aan die nageslag die mag van u arm bekend gemaak het, aan almal wat kom, u mag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, ek is nou oud en my hare is grys, U moenie nou vir my los nie. Ek wil vir die nageslag vertel, vir almal wat later gebore sal word, dat U sterk is en dat U groot dinge gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, selfs noudat ek oud en grys geword het, sal ek dit aanhou sê. God, moenie nou u rug vir my draai nie. Ek wil eers vir my kleinkinders vertel hoe sterk U is. |