Psalms 71:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal gaan in die sterkte van die HERE HERE: Ek wil U geregtigheid noem, ook van U alleen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oppermagtige Here, ek kom om u magtige dade te prys, ek sal vir almal vertel dat U alleen regverdig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, die van U alleen. |
| Afrikaans 1983 | Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal ingaan en getuig van die magtige dade van die Here, my Heer; ek sal getuig van u geregtigheid, net van U alleen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My Here, ek sal kom vertel van die groot dinge wat U gedoen het. Here, ek sal sê dit is net U wat reg gedoen het aan my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal aanhou vertel van al die wonderlike dinge wat die Here gedoen het. Oor die bevryding wat net U alleen kan gee, sal ek praat. |