Psalms 70:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek is arm en behoeftig; maak gou na my, o God! U is my hulp en my redder; O HERE, moenie vertoef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! [ (Psalms 70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! ] |
| Afrikaans 1983 | Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: God is groot! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag almal wat U soek, hulle verheug en in U bly wees; mag hulle wat u verlossing liefhet, voortdurend sê: “God is groot!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense wat naby U wil wees, hulle moet vrolik en bly wees oor U. Die mense wat bly is dat U hulle gered het, hulle moet aanhou sê: “God is groot!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat by U gaan hulp soek, moet bly wees. Laat mense wat U liefhet, elke dag sê: Daar is niemand groter as God nie! |