Psalms 70:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hulle omgedraai word vir 'n beloning van hulle skande wat sê: Aha, aha! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat almal wat my lewe soek, in die skande kom en verward raak. Laat hulle wat my ondergang begeer, op die vlug slaan en beskaamd staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. |
| Afrikaans 1983 | Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting. Laat dié wat graag my ondergang wil sien, op die vlug slaan en beskaamd staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd en verleë staan. Laat hulle wat my teenspoed begeer, terugdeins en verneder word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is mense wat wil hê dat ek moet sterf, maar U moenie vir hulle laat wen nie, hulle moet verloor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is mense wat my wil doodmaak. Laat hulle self in die moeilikheid beland. Laat hulle skaam kry oor wat hulle doen. Laat mense wat dit geniet om my te sien swaarkry, weghardloop. |