Psalms 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ag laat die boosheid van die goddelose tot 'n einde kom; maar bevestig die regverdige, want die regverdige God toets harte en niere.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, U wat regspreek oor die volke, oordeel my, Here, volgens my regverdigheid en in die lig van my onskuld.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
Afrikaans 1983 U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here spreek reg oor volke. Oordeel my op grond van my geregtigheid, Here, op grond van my onberispelikheid, Verhewene.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, dit is U wat die volke sal oordeel, U moet my Regter wees, U weet ek het reg gedoen en ek is onskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom kan U die regte besluite oor elkeen se lewe neem. En daarom kan ek nou by U pleit: kyk tog dat ek die regte dinge gedoen het, Here! Ek is onskuldig. Ek verdien nie om so sleg behandel te word nie.