Psalms 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal die volke oordeel; oordeel my, HERE, volgens my geregtigheid en volgens my opregtheid wat in my is.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat die nasies om U versamel. Sit op u troon, ver bo hulle verhewe.
Afrikaans 1933/1953 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
Afrikaans 1983 Laat al die volke rondom U kom staan; neem hoog bo hulle u plek in op u regterstoel!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat nasies rondom U vergader; keer terug na u verhewe plek bo hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet al die volke bymekaarbring by U en U moet hoog bo hulle gaan sit op u troon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat al die mense in die wêreld in ’n kring gaan sit. Dan gaan sit U op u troon in die hemel, daar van waar U die wêreld beheer. U is die sterkste, U heers oor almal.