Psalms 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Staan op, HERE, in u toorn, verhef U vanweë die woede van my vyande, en ontwaak vir my vir die oordeel wat U beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | laat my vyande my agtervolg en vang, my in die grond in vertrap, my eer tot in die stof verneder. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela. |
| Afrikaans 1983 | mag die vyand my dan agtervolg en inhaal, my in die grond in trap, my tot in die stof in verneder. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | mag die vyand my dan agtervolg en inhaal, my lewe in die grond vertrap, en my eer deur die modder sleep. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As dit waar is dat ek dit gedoen het, dan moet my vyande my vang en my doodtrap en in die stof laat lê. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag my vyand my dan in die hande kry, en my bykom en verneder. |