Psalms 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die vyand my siel vervolg en dit inneem; ja, laat hy my lewe op die aarde vertrap en my eer in die stof lê. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 as ek ’n vriend van my verraai het, my vyand sonder rede beroof het,
Afrikaans 1933/1953 as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was,
Afrikaans 1983 as ek 'n vriend van my kwaad aangedoen het, as ek 'n teëstander van my sommer goedsmoeds kaalgestroop het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as ek my vriend kwaad aangedoen het, my teenstander sonder rede beroof het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hulle sê ek het my vriende verraai en ek het my vyande se goed gevat toe hulle niks verkeerd gedoen het aan my nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek mense wat my wou help, of mense wat teen my was, sleg behandel het, kan hulle my maar in die grond in trap. Dan kan hulle my maar slegsê.