Psalms 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat hy my siel nie verskeur soos 'n leeu en dit in stukke skeur, terwyl daar niemand is om te red nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here my God, ek soek u beskerming. Red my van al my vervolgers, red my! |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my; |
| Afrikaans 1983 | By U soek ek beskerming, Here my God. Help my, red my van almal wat my vervolg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, my God, by U skuil ek; verlos my van almal wat my agtervolg, en red my, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My God die Here, ek vra vir Ú om my te beskerm. Mense jaag my en hulle wil my vang, U moet my red en my vrymaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U is my God. Ek skuil by U! Red my van almal wat my wil seermaak. Hou hulle ver van my af weg! |