Psalms 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My verdediging is by God, wat die opregtes van hart red.
Afrikaans (NLV) 2011 Regverdige God wat gedagtes en gevoelens deursoek, maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.
Afrikaans 1933/1953 Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
Afrikaans 1983 Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U toets 'n mens, U weet wat hy in sy hart voel en wat hy dink, U is die Regverdige God. Asseblief, U moet die mense wat verkeerd doen, laat ophou verkeerd doen, U moet dit goed laat gaan met die mense wat reg doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak ’n einde aan slegte mense se planne wat weier om na U te luister. Maar help hulle wat U liefhet, o God. U weet mos of mense reg leef en of hulle vertrou kan word. U tree altyd regverdig op.