Psalms 69:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want om U ontwil het ek smaad gedra; skaamte het my aangesig bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dat hulle wat op U vertrou, deur my beskaam word nie, oppermagtige Here, die Almagtige. Moenie dat hulle wat U dien deur my verneder word nie, o God van Israel.
Afrikaans 1933/1953 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
Afrikaans 1983 Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie. God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek, deur my toedoen beskaam word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, Here my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My Here, Here wat oor alles regeer, daar is mense wat in U glo. U moenie dat hulle voel hulle verloor teen hulle vyande oor iets wat ek gedoen het nie. God van Israel, daar is mense wat glo dat U hulle sal help. U moenie dat hulle vyande hulle verneder nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Groot en magtige Here, groot Bevelvoerder, ek wil nie daardie mense wat op U vertrou, teleurstel nie. Ek wil hulle wat by U kom hulp vra, nie in die skande bring nie, God van Israel.