Psalms 69:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O God, U ken my dwaasheid; en my sondes is nie vir jou verborge nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat my haat sonder oorsaak is meer as die hare op my kop. Talryk is hulle wat my wil vernietig, en dit sonder oorsaak. My vyande is leuenaars wat eis dat ek teruggee dit wat ek nie gesteel het nie.
Afrikaans 1933/1953 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
Afrikaans 1983 Dié wat my sonder rede haat, is meer as die hare op my kop. Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Meer as die hare op my kop is hulle wat my sonder rede haat. Hulle wat my wil vernietig, is ontelbaar, hulle wat my ten onregte haat. Wat ek nie geroof het nie, moet ek nou teruggee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat my haat, is meer as die hare op my kop, maar ek het niks verkeerd gedoen nie. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, is baie. Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar hulle is my vyande. Hulle wil hê dat ek iets moet teruggee wat ek nie gesteel het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is so baie mense wat my haat, ek kan hulle nie eens tel nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Hulle staan reg om my tot ’n val te bring. Hulle is te sterk vir my. Al het ek niks van iemand anders gevat nie, moet ek nou al my goed vir hulle gee.