Psalms 69:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; hulle wat my wou vernietig, omdat hulle my vyande is, is magtiges; toe het ek teruggegee wat ek nie weggeneem het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is uitgeput van roep om hulp. My keel is hees en my oë dof, terwyl ek wag dat God my help.
Afrikaans 1933/1953 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
Afrikaans 1983 Ek het my moeg geroep om hulp, my keel is hees geroep, selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is uitgeput van my geroep, my keel is al hees. My oë is vermoeid van wag op my God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is moeg van roep en vra dat U my moet help, my keel brand, my oë het dof geword, want ek hou aan om te wag vir my God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is moeg om hulp geroep. My keel is al seer van die smeek. My oë het ook al ingegee soos ek kyk of God my nie sal kom help nie. Ek wag heeltyd dat my God my moet kom help.