Psalms 69:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die hemel en die aarde Hom loof, die seë en alles wat daarin beweeg.
Afrikaans (NLV) 2011 want die Here hoor dié in nood, en vergeet nie sy mense wat in aanhouding is nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
Afrikaans 1983 want die Here slaan ag op die armes, Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die Here luister na die behoeftiges; Hy minag nie sy gevangenes nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Here luister wanneer arm mense bid, sy mense wat gevangenes is, is vir Hom belangrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here help mense wat sy hulp vra. Hy keer nooit die rug vir sy mense wat in die moeilikheid is nie.