Psalms 69:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is moeg van my gehuil, my keel is droog, my oë verswak terwyl ek op my God wag.
Afrikaans (NLV) 2011 Dieper en dieper sink ek in modder, met geen plek om te staan nie. In diep waters het ek beland, en die stroom oorweldig my.
Afrikaans 1933/1953 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
Afrikaans 1983 Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het weggesink in diep modder, en daar is geen vastrapplek nie; ek het in diep water beland, en die vloed gaan my meesleur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het weggesink in diep modder, ek het niks waarop ek kan staan nie. Ek het in diep water gekom, en die watervloed spoel bo-oor my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit lyk nie of die gevaar gaan ophou nie. Ek voel of ek in modder wegsak. My probleme kry my onder. Dit voel of ’n rivier oor my geloop het.