Psalms 69:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voeg ongeregtigheid by hulle ongeregtigheid, en laat hulle nie in U geregtigheid kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle vervolg die een wat U reeds getref het en vertel van die pyn van dié wat U deurboor het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes. |
| Afrikaans 1983 | want hulle vervolg hom wat swaar deur U getref is en verlustig hulle in die pyn van hom wat deur U deurboor is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want dié wat deur U geslaan is, word deur hulle agtervolg, en oor die pyn van dié wat deur U gewond is, het hulle die monde vol. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hulle jaag 'n persoon vir wie U self geslaan het, hulle praat oor die pyn van iemand vir wie U siek gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Doen dit, Here, want hulle geniet dit dat mense onder u hand ly. Hulle kry lekker oor die lyding wat U oor u kinders bring. |