Psalms 69:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle tafel 'n strik word voor hulle, en wat tot hulle welsyn moes wees, laat dit 'n strik word.
Afrikaans (NLV) 2011 In plaas van kos gee hulle my gif; hulle gee asyn om my dors te les.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
Afrikaans 1983 Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied, toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gif in my kos gesit, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek kos gevra het, het hulle vir my gif gegee, toe ek dors was, het hulle vir my asyn gegee om te drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die lewe net nog moeiliker vir my gemaak. In plaas van kos en water wou hulle my gif en slegte asyn injaag.