Psalms 69:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het my ook gal vir my vleis gegee; en in my dors het hulle my asyn gegee om te drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle beledigings het my gebreek, en ek is radeloos. Ek het gesoek vir meegevoel, maar tevergeefs; vir ’n bemoediger, maar daar was niemand.
Afrikaans 1933/1953 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
Afrikaans 1983 Beledigings het my gebreek, ek is gedaan. Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te troos, maar daar was nie een nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bespotting het my hart gebreek, ek is swak. Ek het medelye verwag, maar tevergeefs; mense om my te troos, maar ek kon niemand vind nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het aangehou om my te spot, ek voel stukkend en swak. Ek het gedink dat iemand jammer sal wees vir my, maar niemand was jammer nie. Ek het mense gesoek wat my wil help sodat dit beter kan gaan met my, maar ek het niemand gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die spot en vernedering breek my moed. Daar is geen krag meer in my oor nie. Ek het gewag dat iemand my hand moet kom vat. Maar niks het gebeur nie. Ek het gehoop dat mense my sal troos. Maar nie een het iets gedoen nie.