Psalms 69:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die smaad het my hart gebreek; en ek was bedroef; en vir troosters, maar ek het niks gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U ken die beledigings, die vernedering en die skande; U het al my vyande gesien.
Afrikaans 1933/1953 U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
Afrikaans 1983 U weet hoe ek beledig en verkleineer is, hoe sleg ek daarvan afgekom het voor al my vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U ken self die bespotting, smaad en vernedering wat ek verduur; voor U staan al my teenstanders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U self weet dat hulle my spot en my verneder en my beledig. U weet wie my vyande is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis nie vir U ’n geheim dat hulle my beledig het en tot skande gemaak het nie. U weet wat my vyande met my gedoen het.