Psalms 69:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En verberg U aangesig nie vir U kneg nie; want ek is in benoudheid; hoor my gou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Antwoord my, Here, want u genade is goed; verhoor my in u groot barmhartigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede. |
| Afrikaans 1983 | Antwoord my, Here, in u wonderlike liefde, verhoor my in u groot barmhartigheid! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Antwoord my, Here, want u troue liefde is goed; draai na my in u groot ontferming. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet doen wat ek vra, want U is goed en U doen altyd wat U belowe het. U was altyd jammer vir my, U moet kyk hoe dit met my gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my, Here, want U is baie lief en goed vir my. Vou my toe in u groot liefde. Ontferm U oor my. |