Psalms 69:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor my, HERE! want u goedertierenheid is goed.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dat die watervloed my oorweldig, of die diep waters my insluk, of die graf bokant my toegaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
Afrikaans 1983 Moenie dat die stroom my meesleur en die diep water my insluk nie, en moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat vloedwater my nie meesleur nie, die diepte my nie verswelg nie. Laat die put nie sy mond bo my toemaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie dat die watervloed oor my stroom nie, U moenie dat die diep water my insluk en dat die doderyk sy bek toemaak bokant my nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie dat die water oor my gaan nie. Gee dat probleme my nie onderkry nie. Ek wil nie doodgaan nie.