Psalms 69:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die watervloed my nie oorstroom nie, en laat die watervloed my nie insluk nie, en laat die kuil haar mond oor my nie toesluit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Trek my op uit die modder sodat ek nie dieper wegsink nie! Red my van my haters en uit die diep waters. |
| Afrikaans 1933/1953 | Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes. |
| Afrikaans 1983 | Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie, laat my wegkom van my vyande af, weg uit die diep waters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Red my uit die modder; moenie dat ek wegsink nie. Ek wil vrykom van my haters, van die diep water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet my red uit die modder sodat ek nie wegsink nie, U moet my red van die mense wat my haat, en U moet my uithaal uit die diep water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my uit die gemors, Here! Moenie dat ek ondergaan nie. Laat my wegkom van die mense wat my haat. |