Psalms 69:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my verlos word van die wat my haat, en uit die diep waters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat my betref, ek bid tot U, Here; antwoord my op u bestemde tyd, o God. In die grootheid van u troue liefde, antwoord my met u troue redding! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek -- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil! |
| Afrikaans 1983 | My gebed is tot U gerig, Here, antwoord my tog gou, Here, antwoord my in u groot liefde, o God; u hulp staan vas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek rig my gebed tot U, Here, in 'n tyd van welwillendheid. O God, antwoord my met u betroubare verlossing, op grond van u oorvloedige troue liefde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek? Here, ek bid dat daar 'n tyd sal kom wanneer U my wil help. U doen altyd wat U belowe het, U moet doen wat ek vra, U moet my red, want U verander nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek bid tot U. By U vra ek hulp, Here! Antwoord my tog. Wanneer die tyd vir U reg is, sal U my help, God. U liefde vir u kinders is baie groot. Omdat U getrou is, maak U ons lewe weer heel. |