Psalms 69:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat my aangaan, my gebed is tot U, o HERE, op 'n tyd wat welgevallig is; o God, luister na my in die grootheid van U goedertierenheid, in die waarheid van U verlossing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat sit in die stadspoort skinder van my, en die dronkaards maak liedjies oor my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wat in die poort sit, praat van my -- ook die spotlied van die wat sterk drank drink. |
| Afrikaans 1983 | Die leeglêers in die stadspoort maak praatjies oor my, en dronklappe maak liedjies oor my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat in die stadspoort sit, dryf die spot met my, en die liedjies van dronkaards ook. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat in die poort sit, het gepraat oor my, die dronk mense het liedjies gesing oor my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense in die dorp skinder van my. Dronklappe sing spotliedjies oor my. |