Psalms 68:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U, o God, het 'n oorvloedige reën gestuur, waardeur U u erfdeel bevestig het toe dit moeg was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die aarde gebewe en die hemele het laat reën voor U, die God van Sinai, voor God, die God van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel! |
| Afrikaans 1983 | het die aarde gebewe en het die hemel dit laat reën voor U uit, daar by Sinai, voor God, die God van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die aarde geskud. Ook die hemel het gedrup voor God, die Een van Sinai, voor God, die God van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | toe U gekom het, toe het die aarde gebewe, en reën het uit die lug geval. Want God was naby, Sinai-berg was hier, God was naby, Hy, die God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het die aarde gebewe van vrees, die hemel het strome water voor U uitgegiet. Dit alles het daar by Sinai gebeur voor U, o God; daar het alles en almal voor Israel se God gebewe! |