Psalms 68:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die aarde het gebewe, die hemel het ook gedaal voor God; selfs Sinai het geruk voor God, die God van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O God, toe U u volk uitgelei het, toe U deur die woestyn getrek het, Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela, |
| Afrikaans 1983 | Toe U u volk uitgelei het, o God, toe U deur die woestyn gestap het, Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O God, toe U voor u volk uitgegaan het, toe U vooruitgestap het in die wildernis, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, toe U begin loop het voor u volk, toe U deur die wilde woestyn geloop het, Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, daardie dag toe U u volk in Egipte gaan haal het, toe U ’n pad deur die woestyn oopgestap het, |