Psalms 68:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O God, toe U voor u volk uitgetrek het, toe U deur die woestyn getrek het; Sela: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God gee aan die eensame ’n tuiste; dié wat gevange is, lei Hy na vryheid, maar opstandelinge woon in ’n verlate woestyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land. |
| Afrikaans 1983 | God laat eensames in 'n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God laat eensames weer in 'n huisgesin woon, Hy lei gevangenes uit na voorspoed, maar hardkoppiges woon in 'n verskroeide land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God laat die mense wat alleen in die wêreld is, in 'n huis woon. Hy bring gevangenes uit die tronk en Hy laat dit goed gaan met hulle. Maar mense wat opstandig is teen Hom, moet woon op 'n kaal en droë plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God tel eensames op en maak hulle deel van ’n familie, Hy sluit tronkdeure vir gevangenes oop, maar laat al sy vyande diep in ’n woestyn bly. |