Psalms 68:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God laat die eensames in families sit, die wat met kettings vasgebind is, bring Hy uit, maar die wederstrewiges woon in 'n droë land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees; dít is God in sy heilige woning. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning. |
| Afrikaans 1983 | 'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vader vir vaderloses, 'n regter vir weduwees, is God in sy •heilige woonplek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God is in sy gewyde woonplek. Hy is 'n Pa vir weeskinders en 'n Regter wat reg doen aan weduwees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God is ’n Vader vir swak mense, vir kinders wat nie ouers het nie. Hy staan aan die kant van hulpelose weduwees. Hy beskerm hulle. Daar uit sy hemelse woning wat eenkant is, steek God sy hand uit na swak mense. |