Psalms 68:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Vader van die wees en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
Afrikaans (NLV) 2011 Sing tot God, lofsing sy Naam! Huldig Hom wat ry op die wolke. Sy Naam is Here — jubel voor Hom!
Afrikaans 1933/1953 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
Afrikaans 1983 Sing 'n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sing vir God, besing sy Naam! Verheerlik Hom wat op die wolke ry – Here is sy Naam – jubel voor Hom!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet sing vir God, julle moet sing oor sy Naam. Julle moet vir Hom 'n pad maak, vir Hom wat deur die droë woestyn ry. Sy Naam is Here, en julle moet vir Hom juig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom sing ’n nuwe lied om God groot te maak, eer Hom met julle lied. Sing ’n pad van lof en vreugde oop voor Hom wat bo die wolke uittroon, jubel opgewonde oor Hom. Sy Naam is die Here, niemand anders nie!