Psalms 68:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sing tot eer van God, julle koninkryke van die aarde! Sing tot eer van die HERE; Sela: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit Egipte kom kosbare geskenke; met uitgestrekte hande bid Kus tot God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God. |
| Afrikaans 1983 | Uit daardie selfde Egipte sal geskenke kom, en die Kussiete sal hulle hande smekend na God toe uitsteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bronsware moet uit Egipte kom. Die Kussiete sal dit vinnig aandra vir God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet vir die Here presente bring uit Egipte, die mense van die land Kus moet hulle hande uitsteek en tot God bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat Egipte voor U kom buig, laat hulle laag voor U buig met arms vol geskenke, laat die mense van Etiopië U kom smeek om hulle te help! |