Psalms 68:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vorste sal uit Egipte trek; Ethiopië sal binnekort haar hande na God uitstrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bestraf vir Egipte, die ondier tussen die riete, wat soos troppe bulle tussen kalwers ander vertrap ter wille van geld. Verstrooi die nasies wat hulle verheug in oorlog. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dreig die wilde gedierte van die riet -- die trop stiere saam met die kalwers van die volke -- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë. |
| Afrikaans 1983 | Tree op teen Egipte, daardie ondier tussen die riete, die magtige volk, die sterkste onder die volke, wat ander vertrap vir geld, wat volke uitmekaarjaag en hou van oorlog maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bestraf die gediertes van die riete, die trop bulle tussen die kalwers van volke wat mense vertrap vir stukke silwer. Jaag volke uitmekaar wat graag oorlog voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet hard raas met Egipte, daardie wilde dier tussen die riete, die volk wat sterker is as ander volke, soos bulle wat sterker is as kalwers, die volk wat trap op die stukke silwer wat ander volke vir hulle bring. U moet die volke na al die kante toe jaag, die volke wat lief is om oorlog te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat daardie spul Egiptenaars vas, hulle dink mos hulle is die sterkste in die hele wêreld, soos ’n seekoei tussen die riete. Hulle trap op ander volke om geld te maak. Hulle maak oorlog met almal en jaag alle volke uitmekaar. |