Psalms 68:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar laat die regverdiges bly wees; laat hulle juig voor God, ja, laat hulle uitermate bly wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos wind rook wegblaas, so blaas U hulle weg. Soos was in vuur smelt, só vergaan goddeloses voor God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God. |
| Afrikaans 1983 | Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg; soos was in vuur smelt, so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos rook weggewaai word, so waai U hulle weg; soos was smelt voor 'n vuur, so verdwyn die goddeloses voor God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U jaag hulle weg soos rook wat wegwaai. Die mense wat verkeerd doen, sal voor God verdwyn soos iets wat smelt naby 'n vuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U blaas hulle uit die pad uit soos ’n bol rook. U laat hulle wegsmelt soos ’n kers in die vuur. So vergaan goddelose mense as hulle U sien. |