Psalms 68:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ter wille van U tempel in Jerusalem sal konings geskenke aan u bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toon u mag, o God. Toon u krag, o God, soos U dit voorheen vir ons gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het! |
| Afrikaans 1983 | Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het, toon u mag, o God, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou God het krag vir jou beskik. Toon u krag, o God, U wat in ons belang opgetree het |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [29-30] Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee. Dit is die krag van God. O God, U het uit u tempel u krag gebruik om ons te red, U het dit gedoen vir Jerusalem. Konings sal presente bring vir U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, wys asseblief weer hoe sterk U is. Laat ons weer u groot krag sien waarmee U ons gered het. |