Psalms 68:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U God het U sterkte gebied; versterk, o God, wat U vir ons bewerk het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk, Benjamin, die jongste, is die aanvoerder. Dan volg die baie heersers van Juda en die heersers van Sebulon en Naftali. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda -- hulle menigte; die vorste van S,bulon, die vorste van N ftali. |
| Afrikaans 1983 | Dáár is Benjamin, die jongste, hulle aanvoerder, dáár is die baie leiers van Juda, dié van Sebulon, dié van Naftali! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is Benjamin, die jongste, hulle heerser, die leiers van Juda in hulle menigte, die leiers van Sebulon, die leiers van Naftali. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers van Benjamin, die kleinste stam, is daar, hulle loop voor die ander leiers. Daarna kom die leiers van die Juda-stam, dit is baie baie mense. Daarna kom die leiers van die Sebulon-stam en die leiers van die Naftali-stam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die leiers van sy volk is daar! Benjamin is die jongste. Hy is hulle leier. Daar is Juda se vorste, en dié van Sebulon en Naftali. |