Psalms 68:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is die klein Benjamin met hulle owerste, die vorste van Juda en hulle raad, die vorste van Sébulon en die vorste van Naftali.
Afrikaans (NLV) 2011 Prys God in die vergaderings; prys die Here, die bron van Israel.
Afrikaans 1933/1953 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!
Afrikaans 1983 Hulle loof God in kore, die nasate van Israel loof die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Prys God in die byeenkomste, die Here by die bron van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is 'n groot vergadering, almal prys God, die nageslag van Israel prys die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Groot kore loof God, al die mense van die Here maak sy Naam groot.