Psalms 68:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Loof God in die gemeentes, die HERE, van die fontein van Israel af.
Afrikaans (NLV) 2011 Vooraan is die sangers, agter hulle, die musikante. Saam met hulle is jong meisies wat op tamboeryne speel.
Afrikaans 1933/1953 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.
Afrikaans 1983 vooraan die sangers, agteraan dié wat snaarinstrumente speel, en tussenin, meisies wat tamboeryne slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vooraan is die sangers, daarna dié met snaarinstrumente tussen jongmeisies wat tamboeryne slaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat sing, loop voor, die mense wat snaarmusiek maak, loop agter, en die meisies wat tamboeryne skud, loop in die middel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense stap voor U uit en sing lofliedere. Musiekinstrumente bespeel vrolik u lof. Jongmeisies slaan vol vreugde op tamboeryne.