Psalms 68:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die sangers het voor, die instrumentspelers agterna; onder hulle was die meisies wat met tamboere speel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U feesoptog is in sig, o God, die optog van my God en Koning is op pad na sy heiligdom. |
| Afrikaans 1933/1953 | o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom. |
| Afrikaans 1983 | Die mense sien u feesoptog, o God, die feesoptog van my God, my Koning, na sy heiligdom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mense sien u optogte, o God, die optogte van my God, my Koning, by die heiligdom: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, almal sien hoe U en almal by U na die tempel gaan. Dit is my God, my Koning, wat na die tempel gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, mense sien hoe U triomfantlik na u woonplek toe kom. My God, U is die sterkste, U het gewen. My Koning, U is op pad na u heilige woonplek! |